0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments

Die Wonderwese (Afrikaans, Paperback): Carina Stander Die Wonderwese (Afrikaans, Paperback)
Carina Stander
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days

Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië geensins verbeter nie. Die Skoonbrand woed. Rondom die Klaagtermeer weerklink die Klokke van Hongersnood en in Nanaal offer desperate ouers hulle kinders aan ’n kultusleier om hulle ’n lewe van slawerny te spaar.

Ten spyte van Eron se verminkte hand is hy nou ’n begeesterde Voetwerker vir die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms en op soek na die laaste Geseëndes op die Kaart sodat hy hom by sy pa in Afrika kan aansluit. By sy digtervriend Anav Elanov leer Eron dat woorde wapens is en hy stem in om ’n “opebinnekantvers” na die landsleiers te neem – ’n waarskuwing teen die gruwels wat gepleeg word in die opkoms van Gabriëllië as wêreldmag.

Hy deurkruis stede, woude, moerasse, ysgrotte en bergpieke, bevriend boekgeleerdes en barbare, trotseer wolftroppe, dwaalgeeste en die nageslag van ’n wangeskape ras. Maar die knaende vraag in sy binneste bly: As die Wonderwese werklik bestaan, waarom is daar geen teken van dié Teenwoordigheid nie? Of kyk Eron iets wonderbaarliks heeltemal mis?

Die bergengel (Afrikaans, Paperback): Carina Stander Die bergengel (Afrikaans, Paperback)
Carina Stander
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days

“ … daar is sekere vermoens wat alle Bergengele oor alle eeue heen in hul wese moes inweef. Vermoens soos die Dissipline van Feesviering (om elke klein vredesverdrag te vier), die Dissipline van Geheimhouding (om vir twee dekades aaneen die nasie sonder erkenning te dien, vermom as gewone werker) en die Dissipline van Gemeenskap en Afsondering. Vir ’n Bergengel is daar altyd die wisseling tussen binne en buite: of hy is ’n alleenloper wat tevrede is met sy eie geselskap, maar deur meegevoel gedryf word na die trop, of hy is ’n kuddewese wat moet leer om gelukkig te wees as ’n eenkantling. Om ’n Bergengel te wees, is om alleen deur die ondergrondse gange van ’n kapel te stap terwyl daar gesing word – jy hoor nie net die musiek en die stemme nie, jy hoor ook hoe dit eggo in die toekoms.” In Gabriellie het dertien jaar reeds verloop sedert daar enige teken was van ’n Bergengel en glo die jonger generasie byna nie meer aan die bestaan van die mitiese kreature nie. Eron Verberger, seun van die klokmakersegpaar Gibor en Alida Verberger, word egter gedwing om met nuwe oe na fantasie en werklikheid te kyk wanneer hy saam met sy pa op ’n lewensveranderende avontuur vertrek. Wie is die misterieuse Reenboogmaker met wie hulle pad elke nou en dan kruis? Is die brande wat deur die land trek werklik net vure van vernuwende “skoonbrand”, soos die Regiohoofde beweer, of is dit die gevreesde Vuurstorms waarvan die geskiedenis vertel? ’n Mistieke en allegoriese fantasieverhaal van grootword en groei wat tot volwasse sowel as jong volwasse lesers sal spreek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Advances in Electric Power and Energy…
Axaykumar Mehta, Abhishek Rawat, … Paperback R4,479 Discovery Miles 44 790
Meditations
Marcus Aurelius Paperback R82 R73 Discovery Miles 730
The Guerrilla And The Journalist…
Fred Bridgland Paperback  (1)
R300 R240 Discovery Miles 2 400
Technology, Manufacturing and Grid…
G. Wang Hardcover R3,474 Discovery Miles 34 740
Prisoners Of Jan Smuts - Italian…
Karen Horn Paperback R624 Discovery Miles 6 240
Aristotle And Dante Discover The Secrets…
Benjamin Alire Saenz Paperback R192 Discovery Miles 1 920
Industrial Applications of X-Ray…
Frank Smith Hardcover R12,185 Discovery Miles 121 850
Innovative Statistics in Regulatory…
Shein-Chung Chow Paperback R1,497 Discovery Miles 14 970
Building a Transceiver
Eamon Skelton Paperback R407 R343 Discovery Miles 3 430
Liefdesles
Vita du Preez Paperback R320 R275 Discovery Miles 2 750

 

Partners